Publisher's Synopsis
Elke vrou het 'n geheim waaroor sy swyg - van geheime oor vriende en geliefdes tot geheime oor hulself. So, wat is hierdie geheime? En hoekom sou enigiemand as 'n gepoleerde, opgesmukte weergawe van haarself wou leef, eerder om as 'n ryk, vrygemaakte en egte mens te wees?In Die Geheime waaroor vroue swyg wys dr. Jill Hubbard jou hoe om te erken dat jy geheime het, hoe om jouself daarvan los te maak en hoe om emosioneel gesond te leef. 'n Lewe sonder geheime, bring vryheid sodat jy jou ware self kan word en presies dieselfde na buite as na binne kan wees. Die geheimenisse waaroor vroue swyg onthul vroue se grootste geheime na aanleiding van 'n naamlose peiling waaraan tweeduisend vroue deelgeneem het om hul vlak van lewensbevrediging te bepaal.