Publisher's Synopsis
Fontein vir 'n vlugteling is die laaste boek in Helena Hugo se baie gewilde drieluikreeks oor die beeldskone Vita, wat die slagoffer word van haar skelm man, Robert. Robert vlug landuit om van sy dade te probeer wegkom en los sy mooi vrou in'n penarie. Fontein vir vlugteling is 'n spannings- en liefdesverhaal wat handel oor Robertse bekering en terugkeer. Toe hy besef hy is in die moeilikheid oor die geld wathy by sy firma 'geleen' het, sit hy alles wat hy kan, in kontant om, en vlug oorseena Boedapest. Tuis het hy 'n affair gehad met 'n vrou wat dink hulle gaan saam iewers rykword, maar sy laat hom in die steek nadat hulle 'n week in Boedapest in 'n luuksehotel deurgebring het. N 'n rusie los sy hom met net genoeg om uiters 'n dag oftwee in die hotel uit te hou. Die nag voor Kersfees dwaal hy in die stad rond. Skielik verlang hy na sy vrou,Vita, en waag dit om na 'n internetkafee te gaan en sy eposse te lees. Hy het epos:(Jy gaan pa word Junie volgende jaar. Kom huis toe. Ons het jou nodig.)Sal Robert gehoor gee aan sy vrou se versoek? Sal Vita hom ooit weer sien? Salhy sy verpligtinge teenoor haar kan nakom?Hierdie boeiende verhaal deur Helena Hugo beloof om weer eens leesgenot uitdie boonste rakke aan al haar aanhangers te bied.