Publisher's Synopsis
Wat doen 'n mens wanneer alles waarin jy glo, in duie stort? Hoe herstel jy van die lewe se dwarsklappe? Wat word van jou as jy wil werk, maar poste is so skaars soos hoendertande? Waarheen gaan jy as almal vir wie jy hulp vra, self hulp nodig het?Al hierdie vrae kom uit werklike situasies wat Myles Munroe as berader tegekom het by mense wie se lewens ontspoor het. Hoewel elke situasie uniek was, was daar een gemene deler: elke beproewing het uit een of ander krisis gespruit. Ons almal kom voor verskillende krisisse te staan. Ons beland onverwags of onvermydelik in situasies waaroor ons geen beheer het nie. Ongelukkig beskik ons nie altyd oor die nodige intellektuele, emosionele, sielkundige en geestelike toerusting om sulke omwentelinge geslaagd en doeltreffend te trotseer nie. As dit vir jou bekend klink, is hierdie boek vir jou bedoel, of miskien ken jy iemand wat moet hoor dat die lewe voortgaan na 'n krisis. Myles Munroe bespreek onderwerpe soos die volgende:Sewe maniere om 'n krisis te hanteerHoe om in krisistye te floreerWerkkrisis: Ontdek jou roeping buite jou beroepLees Oorkom enige krisis en besluit vandag om bo jou omstandighede uit te styg en die krisis te oorkom.