Kyla

Kyla

Paperback (24 Aug 2023) | Afrikaans

  • $14.67
Add to basket

Includes delivery to the United States

10+ copies available online - Usually dispatched within 7 days

Publisher's Synopsis

In 'n hopelose toestand, byna van sy verstand af van hartseer, stap Gideon Brink 'n koers in.

Dae aaneen dwaal hy rond. Té moeg om aan kos en water te dink. Strompelend, en bykans na aan sy einde, stap hy by die voordeur van WHITE RIVER MANOR. PSIGIATRIESE HOSPITAAL in...

Bykans nege maande lank hou hy alles in hom toegesluit. Saans weergalm sy gille deur die stil gange wanneer dieselfde droom hom treiter.
Op 'n dag onthou hy vir KYLA. Sy swartkop met die goue hart en klingellaggie. Stukkies van die legkaart begin inmekaarpas. Hy onthou die reuk van die see, voel die sproei van die branders. Kyla se gille wanneer sy dieper die see ingetrek word. Vlermuise wat saam met die digte mis vanuit die see opstyg. Die grasgroen oë wat 'n mens se siel vir die duiwel kan voer sonder die knip van 'n oog.

Pandora se boks was nou vir só lank toegesluit en weggebêre. Hoe sou die verdomde ding weer oop gekom het? Herr Gunther en sy vrou, tannie Malie, sal beslis kan help om daardie boks van Pandora weer toe te sluit.
Wie en wat is Herr Gunther wat so tydig en ontydig opdaag, en wie op aarde kan die 'duiwel' wees wat so baie onmin, geweld en vele meer orkestreer?

Die Roman, KYLA, bevat soveel fasette. Die storie is een groot raaisel, wat die leser gaan laat kopkrap. Die boek gaan aan jou hart vat, jou laat sug van lekkerkry. Laat vuur spoeg van kwaadgeit.

Moet dit nie misloop nie!

Book information

ISBN: 9798858836117
Publisher: Amazon Digital Services LLC - Kdp
Imprint: Independently Published
Pub date:
Language: Afrikaans
Number of pages: 160
Weight: 191g
Height: 216mm
Width: 140mm
Spine width: 9mm