Publisher's Synopsis
Wonder jy ook hoe lyk dit in die hemel? DIE HEMEL IS WERKLIK - VIR KINDERS is die ware verhaal van die vierjarige Colton se besoek aan die hemel tydens 'n noodoperasie. In hierdie boek vertel hy self hoe asemrowend dit daar gelyk het en wat hy gesien het. Hierdie unieke vertelling van 'n kind aan ander kinders bevat pragtige illustrasies en toepaslike Bybelverse wat kinders sal oortuig van Colton se boodskap: Die hemel is wonderliker as wat jy dink en Jesus is baie, baie lief vir kinders. Aan die einde van die boek is daar vrae wat kinders vra oor die hemel met eerlike, Skrifgetroue antwoorde. DIE HEMEL IS WERKLIK - VIR KINDERS sal kinders bekoor en hulle geloof versterk.