Wat Die Hart Van Vol Is

Wat Die Hart Van Vol Is Herinneringsreise Van 'N Fynkok

Paperback (31 Aug 2016) | Afrikaans,English

Not available for sale

Includes delivery to the United States

Out of stock

This service is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

Publisher's Synopsis

Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op 'n plaas in die Klein-Karoo het Peter 'n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as "Mister V", eienaar van Emily's, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só 'n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar "koskys" wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as 'n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer 'n doukomkommer tussen sy tande geknars het ... Nostalgies, humoristies en hartroerend - 'n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.

Book information

ISBN: 9781770229716
Publisher: Penguin Random House South Africa
Imprint: Penguin Random House South Africa
Pub date:
Language: Afrikaans,English
Weight: 390g
Height: 234mm
Width: 153mm
Spine width: 15mm