Publisher's Synopsis
Een dag lank, lank gelede woon daar in die Stad van Goud 'n Vrolike Varkie en 'n Vrolike Feetjie. Elke oggend staan die Varkie en Feetjie op. Stort. Borsel tande. Piepie. Drink swart koffie. Loop dan by hulle voordeure uit om met hulle twee se lewens voort te gaan. Wat volg tussen die bladsye van die boek, is 2 stories oor hulle twee se lank, lank gelede lewens in die Stad van Goud. Die stad waar die stormsterk wind party dae sterk waai tussen die hoë geboue. Een koue wintersaand tel die wind die Varkie en die Feetjie in haar arms op en neem hulle weg na 'n baie vèr en vreemde land waar die Varkie en Feetjie moes swerwend soek na rigting. "'n Fenominale en keurige lees," - Huisman Literatuur Resensie.