Publisher's Synopsis
Lettie Louw se vriendinne trou die een na die ander - net sy nie. Maar sy besluit om die beste dokter vir haar mense te word. Ook vir Marco Romanelli, Italiaanse krygsgevangene wat weens gesondheidsredes na haar Bosvelddorpie verhuis. Die liefde blom tussen hulle, maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit . . .